Forum 2.0

4082 ‘n Kroon en ‘n krans

5 Op daardie dag sal die HERE, Heerser oor alle magte, 'n sierlike diadeem, 'n pragtige krans word vir die oorblyfsel van sy volk. Jes. 28:5 BDV

Die stad Samaria was welvarend en mooi. Dit was bo-op ‘n berg geleë, met vrugbare terrasse reg rondom – ‘n “sierlike kroon” en ‘n “pragtige krans”. Ongelukkig het hulle die Here vergeet in hul sukses. Drank het eerder hulle god geword! Jesaja waarsku dus dat die kroon spoedig op die grond gegooi sal word, en dat die blommekrans reeds aan die verwelk is. As God ingryp sal HY “’n kroon en ‘n krans” wees vir die wat oorbly.

Dit klink nogal bekend, nie waar nie? Die wêreld se glans en glorie verlei ons so maklik om van God te vergeet. Geld en genot word so maklik ons doelwit. Die Bybel waarsku egter dat so ‘n lewe se glans verdof, dat dit uiteindelik nie bevredig nie. Net die Here bevredig! Let egter op: om vir die Here te leef is nie ‘n las of ‘n plig nie. Nee, geloof en goedheid en genade en heiligheid is mooi. So ‘n lewe – waarvan God die kroon en krans is – is ‘n vreugde!

Troue Here, ek wil niks anders doen as om U te dien nie. Ek wil ‘n lewe van opregtheid en gehoorsaamheid leef, in u wil, en niks anders nie. U is my vrede en vreugde. Wees my kroon en krans: versier my lewe met u teenwoordigheid en liefde en genade! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –