Forum 2.0

4083 Al die lig wat jy nodig het

17 Die Lig van Israel sal 'n vuur word, en sy Heilige 'n vlam. Jes. 10:17a BDV

In die Bybel is dit algemeen om na God te verwys as lig of die Lig. Die psalmis sê byvoorbeeld: U is my lig en my heil, vir wie sou ek vrees? Hier word Hy die “Lig van Israel” genoem. Die lig wat God skyn, waardeur mense weet hoe om te leef, is in die Bybel meestal sy Woord, sy wet, sy “insettinge”. U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig op my pad, skryf die psalmis.

Ons beleef dit presies so! Benodig jy lig? Moet jy moeilike besluite neem? Weet jy nie watter kant toe nie? Voel jy ontmoedig of onseker? Neem dan jou Bybel op. Lees daarin wie God is, wat Hy doen, wat Hy vra. Lees oor sy eise en voorskrifte, maar ook oor sy beloftes en seëninge. Lees oor sy groot liefde en genade. Lees oor die Verlosser en wat verlossing beteken. Lees oor die Heilige Gees wat ons lei. Jy sal daar opstaan met al die lig wat jy nodig het!

Hemelse Vader, U is die bron van alle lig en lewe. Laat my in u lig lewe! Laat u Gees my lei, aan die hand van u Woord, in wat om te doen. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –