Forum 2.0

4084 ‘n Verterende vuur

24...want die HERE julle God is 'n verterende vuur; Hy is 'n besitlike God. Deut. 4:24 BDV

‘n Ander bekende beeld vir God in die Bybel is die van ‘n vuur. God verskyn dikwels in ‘n vuur, byvoorbeeld by die brandende bos of op die berg Sinaï. Vuur is ‘n simbool van God se heiligheid. As Moses dus hier sê dat God ‘n “verterende vuur” (Esh Okhlah) is, bedoel hy dat die volk hulle lewe moet regkry. God se vuur brand alles wat verkeerd is weg!

Ja, God is ‘n heilige God! Sy genade en liefde verander niks daaraan nie. God wil ook hê ons moet heilig word – soos Hy heilig is. Daar moet ‘n suiwering in ons lewe plaasvind, ‘n skeiding. Sekere gedagtes, woorde, gedrag en gewoontes moet weggebrand word. Vra die Heilige Gees om jou te wys wat daardie dinge is. Werk dit dan aktief uit jou lewe uit. Vra die Heilige Gees veral om jou naby aan God te hou, naby aan die Vuur. Laat die Vuur jou aan die brand steek! Dit sal die verkeerde spoedig uitsuiwer.

Heilige Gees, ondersoek my hart en my lewe. Wat is daar wat U nie behaag nie? Help my om deur u krag daarvan weg te groei. Maak my heilig, soos U heilig is! Steek my aan die brand met God se liefde en passie en krag. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –