Forum 2.0

4086 Soos ‘n bruid

5Want Hy wat met jou trou is jou maker; die HERE, Heerser oor alle magte is sy Naam. Hy wat jou loskoop, is die Heilige van Israel. God van die hele wêreld word Hy genoem. Jes 54:5 BDV 

Jesaja troos sy volk. Hy sê hulle is soos ‘n verstote vrou. Vroue wat in hulle tyd sonder die beskerming en inkomste van ‘n man moes regkom het baie swaar gekry. Hy sê egter dat die Here met hulle sal trou, dat Hý hulle man sal word! Die beeld van God as eggenoot van die volk kom verskeie kere in die Ou Testament voor, maar dis eers in die Nuwe Testament dat dit werklik uitgebrei word. Die kerk is daar soos ‘n bruid wat wag dat Christus, die bruidegom, haar kom haal vir die troue. Dan sal die bruilof gevier word vir ewig!

As gelowiges is ek en jy dus deel van die bruid. ‘n Bruid hou haarself vir haar bruidegom, ‘n bruid maak haarself gereed vir sy koms, ‘n bruid verlustig haar in die feit dat hy binnekort sal kom, en dat hulle dan vir altyd saam sal wees. DIT is haar hele begeerte! Let op: hierdie drie dinge wat ‘n bruid doen is ons drie take.

Hemelse Bruidegom, saam met die hele Kerk wag ek op u koms! Dankie dat U u bruid liefhet. Help my om gelowig en getrou te bly, om gereed te wees, en om elke dag in die vreugdevolle antisipasie te leef dat die Geliefde binnekort daar sal wees. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –