Forum 2.0

4087 By die Herder

2 Herder van Israel, luister tog! U wat Josef soos kleinvee lei, U wat oor die gerubs troon - laat skyn tog u lig 3 voor Efraim, Benjamin en Manasse! Laat u mag ontwaak en kom tot ons redding. Psalm 80:2-3 BDV

In hierdie psalm word gefokus op die stamme van Efraim, Manasse en Benjamin. Hulle, die nageslag van Ragel, word dikwels saam genoem en het ook saam marsjeer in Israel se trek deur die woestyn, direk agter die ark aan. Dis hoekom die psalmis sê dat God voor hulle uit trek as Ro’eh Israel, die “Herder van Israel”. Dis ook hoekom hy vra dat God, “wat oor die gerubs (van die ark) troon” – sy lig oor hulle moet laat skyn. Hy was immers reg voor hulle! Hierdie stamme simboliseer God se hele volk, wat ook vir ons insluit.

Op ons trek na die hemelse Kanaän vra ons ook dikwels na God se herderskap, bid ons ook dikwels vir sy lig. Laat ons egter verstaan waar om dit te kry: BY die Herder beleef ons die meeste sorg, IN sy teenwoordigheid en heerlikheid ervaar ons sy lig. Onthou, die Herder trek vooruit, die ark beweeg aan. Bly by Hom, dis ons les! Hy sal ons wel bring waar ons moet kom.

Hemelse Herder, ek wil na aan U bly. Ek wil getrou agter U ark aanbeweeg. Help my om te onderskei waarheen U beweeg, waarmee U besig is, wat U met my doen. Help my dan om getrou daarby aan te sluit. In Jesus’ Naam, amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –