Forum 2.0

4088 Samevatting: 7 Beelde vir God

Ons het nou verskeie beelde, vergelykings of metafore vir God in die Ou Testament bespreek. Elkeen vertel op sy eie manier hoe God is, wat Hy verwag, en hoe Hy vir ons sorg. Die volgende sewe is veral waardevol om te onthou: 

  1. VaderGod is soos ‘n vader. ‘n Pa is lief vir sy kinders en sorg vir hulle.
  2. RotsGod is soos ‘n rots. Hy is ons vastigheid en veiligheid. Hy wankel nooit.
  3. KoningGod is soos ‘n koning. Hy regeer oor sy skepping. Hy eis gehoorsaamheid.
  4. SkepperGod is die Skepper. Niemand ken ons soos ons Maker ons ken nie!
  5. RegterGod is soos ‘n regter. Hy eis geregtigheid en Hy oordeel regverdig.
  6. ManGod is soos ‘n eggenoot. Hy beskerm en bemin sy bruid, soos geen ander nie.
  7. HerderGod is soos ‘n herder. Hy lei sy kudde en sorg liefdevol vir hulle.

Druk gerus hierdie beelde uit en plak dit iewers op. Een manier om hulle te onthou, is om deur hulle te bid. Hou jou gebed by die betekenis daarvan – dit sal dit vaslê.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –