Forum 2.0

4089 Sý teenwoordigheid

21 Maar daar sal 'n magtige, die HERE, by ons wees, by 'n plek van riviere, met breë strome aan alle kante. 'n Boot met spane sal nie daarop vaar nie, 'n magtige skip sal dit nie oorsteek nie; 22 want die HERE is ons regter, die HERE is ons regeerder, die HERE is ons Koning – Hy sal ons verlos. Jes. 33:21-22 BDV

Jesaja profeteer die herstel van Jerusalem. Hy sê dat riviere en waterstrome dit sal omring, maar dat oorlogskepe dit nie sal omsingel nie, want die stad sal nooit weer verower word nie. Hulle God, Jahweh Adir, die “Magtige (of Majestueuse) HERE”, sal by hulle wees en oor hulle regeer. As Jesaja so vorentoe kyk versmelt sy visie met die ewigheid. Hy kyk verby die aardse Jerusalem, en sien ‘n hemelse, nuwe Jerusalem.

Saam met die profete sien ons ook uit na die finale oorwinning, die ewige vrede, wanneer oorlog en stryd verby is. Die wêreld-wat-kom kan egter net aanbreek wanneer Adir, die Majestueuse Een, op die toneel kom. In sý teenwoordigheid word alle gebrek, onreg en boosheid verdryf. Sý teenwoordigheid herstel alles tot volmaaktheid. Onthou, ons behoefte is nie na iets nie, maar na Hóm. By Hóm is alles wat ons benodig! Bid vir sý teenwoordigheid en openbaring en koms. Dan breek die hemel dadelik aan – of ten minste iets daarvan, terwyl ons nog op die aarde is. 

Magtige Koning, kom op die toneel! Openbaar Uself in my lewe. Verskyn in my gedagtes en woorde en dade, in my verhoudings en werk. Dan sal alles verander! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –