Forum 2.0

4091 My lamp, my lewe

29 Ja, U is my lig, HERE; die HERE verlig my donkerte. 2 Sam. 22:29 BDV

Hier in 2 Samuel kom ‘n psalm van Dawid voor wat in die psalmbundel herhaal word as Psalm 18. Dis grootliks dieselfde maar daar is ook verskille, soos hier waar Dawid vir God noem Jahweh Neri, die “HERE my lamp”. In Psalm 18 het hy geskryf “U, Here, laat my lamp helder skyn”, wat beteken dat die Here sy lamp – dink aan ‘n olielamp – aangesteek op hoog gestel het. Hier lees ons egter dat die Here sy lamp IS. Dit plaas ‘n ander klem.

‘n Lamp of ‘n lig in ‘n huis is ‘n teken van lewe, van mense, van vrolikheid en aktiwiteit. So is die Here die lig en lewe wat Dawid se donkerte verlig, volgens hom. Ons beleef dit dieselfde! Hoe sou dit wees om sonder die Here te leef? Dit sou dood voel, donker, alleen, hartseer! Vir ‘n gelowige is dit ondenkbaar om die Here nie te dien nie. Nee, ons wíl met Hom leef – HY is ons lig en lamp, Hy bring die lewe!

Here, U is inderdaad my lig en lamp. U gee vir my vreugde en vrede, u liefde sluit my in en gee my hoop, U leer my en lei my op my pad. Om vir U te lewe is my doel en sin! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –