Forum 2.0

4092 Gedenk sy getrouheid

6 "Die HERE, die God van alle magte, HERE is sy gedenknaam." 7 Maar jy, na jou God moet jy terugkeer. Lê jou toe op troue liefde en wat reg is, en wag altyddeur op jou God." Hos. 12:6-7 BDV

Hosea waarsku die Noordelike Ryk van Israel dat hulle ontrou geword het aan God. Hulle moet dringend terugkeer na die Here toe! Hulle moet Hom weer dien in liefde, reg en getrouheid. Baie doelbewus herinner Hosea hulle aan Jahweh Zeker, die “HERE, die gedenknaam”. Dit herinner aan die woorde van God uit die brandende bos aan Moses, toe Hy sy Naam as JAHWEH bekend gemaak het: dit is my Naam vir ewig, my gedenknaam van geslag tot geslag. Dis Hý wat hulle uit Egipte gelei en in hul land gebring het. Dis Hy wat hul in gedagtenis moes hou, maar van wie hulle vergeet het! Dis Hy na wie hulle moet terugkeer. Ongelukkig het hulle nie na Hosea geluister nie en is deur die Assiriërs weggevoer.

Onthou die Here! Dink aan Jahweh, die Een-wat-is. Oordink wat sy Name van Hom sê. Gedenk sy getrouheid en die pad wat jy al met Hom gestap het. Keer dan terug na die HERE, dien Hom weer soos vroeër!

Ewige Here, ek dink na oor u grootheid en krag, oor u liefde en genade. Ek dink aan die pad wat ons al saam gestap het. Help my om vandag liefde en genade te bewys, help my om reg te laat geskied, help my om altyd getrou te bly aan U. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –