Forum 2.0

4093 Die Saad van die Vrou

15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. Gen. 3:15 OAV

Oor eeue heen het daar ‘n verwagting in die Ou Testament gegroei dat ‘n Redder gaan kom, ‘n Messias (“gesalfde”). Daar is sekere eksplisiete beloftes, maar vele ander verse verwys moontlik na die Messias. In hierdie vers vind ons die sogenaamde “moederbelofte” – die belofte waarin alle ander beloftes opgesluit is. Dit beskryf die hele stryd tussen die mens en die Bose, asook die oorwinning van die vrou se “saad”, wat die Nuwe Testament sien as Christus. Hý, “die Saad van die Vrou”, is die Een wat die Satan se kop vermorsel.

Veg jy teen versoekings en sonde? Beleef jy die vyand se aanslae? Onthou dan die moederbelofte. Die Bose is onder Christus se voete! Jesus sê ons het ook die mag gekry om op slange en skerpioene te trap, waarmee Hy na die vyand verwys. Paulus sê – wonderlik – dat God “spoedig” die Satan onder ons voete sal verbrysel. Kry hom dus onder jou voete, in Jesus Naam! Triomfeer oor hom in geloof.

Dankie, Hemelse Meester, dat die uitslag van alle stryd reeds van die begin af bepaal is. U wen, liefde wen, geregtigheid wen, goedheid wen! Alles wat boos is word oorwin en uit die weg geruim. Help my om vandag te rus in daardie wete. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –