Forum 2.0

4095 Die Ster wat jou lei

17 Ek sien hom, maar dit is nie nou nie, ek neem hom waar, maar hy is nie naby nie. 'n Ster uit Jakob tree na vore, 'n heerserstaf uit Israel verskyn; hy verbrysel die slape van Moab, en vernietig al die kinders van Set. Num. 24:17 BDV

Toe die Israeliete deur Moab trek, was die Moabitiese koning Balak baie bang. Hy laat toe ‘n bekende besweerder kom, ene Bileam, om Israel te vervloek. Dan wou hy hulle aanval. Toe Bileam egter kom, kon hy Israel nie vervloek nie. Hy sê geen vloek of beswering sou op hulle werk nie, want hulle is reeds deur God geseën. Hy profeteer dus vir hulle ‘n geseënde toekoms en sien onder andere vir hulle ‘n Heerser opkom, ‘n “Ster” – ‘n verwysing na die Messias. Balak was baie kwaad!

Kom ons maak twee gevolgtrekkings uit hierdie verhaal vir onsself:

  • As ‘n Christen is jy ‘n geseënde van die Here. Geen vloek kan op jou vat nie. Bely wel wat verkeerd gedoen is in jou familie, maar moet jou nie as ‘n vervloekte sien nie. Jy’s ‘n geseënde!
  • Jesus is die “Ster” wat uit Israel opgekom het en sy lig skyn steeds helder. Stel jou rigting op Hom. Hy sal jou lei: na God toe en na jou doel toe!

Hemelse Leidsman, dankie vir die getroue koers wat U aandui, die enigste ware noord van my lewe. U wys die doel en U IS die doel! Lei my vandag deur u Heilige Gees. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –