Forum 2.0

4096 Die Septer wat regeer

17 Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ‘n ster kom te voorskyn uit Jakob, en ‘n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver. Num. 24:17 OAV

Toe die siener Bileam vir Israel moes vervloek kon hy net ‘n seën uitkry. Hy sê dis onmoontlik om iemand te vervloek wat deur die Here geseën is! Onthou dat dit vir die kinders van die Here ook geld. In elk geval, toe Bileam dus die Here se seën oor hulle profeteer, sien hy vir hulle “‘n ster en ‘n septer” opkom, ‘n Heerser, wat verstaan word as ‘n verwysing na die Messias.

‘n Septer is tot vandag ‘n simbool van heerskappy, van koningskap. Dit laat ons besef dat Jesus Christus op ‘n baie werklike manier ‘n Koning is. Hy is die werklike Koning van miljoene en miljoene Christene deur die geskiedenis – meer onderdane as wat enige aardse koning al ooit gehad het! Hy moet ook die werklike koning van ons lewens wees, ons werklike Heer en Meester. Sy opdragte is nie voorstelle nie, hoor – sy woord is wet! Lees weer die evangelies. Lees die Bergrede. Wat Jesus daar sê is hoe ons MOET leef!

Koning van my lewe, U woord is my wet. Laat u koninkryk in my lewe kom - help my om te doen wat U sê! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –