Forum 2.0

4097 Die grootste Profeet

18 Ek sal vir hulle uit hulle volksgenote 'n profeet soos jy laat opstaan, en Ek sal my woorde in sy mond lê. Hy sal vir hulle alles sê wat Ek hom beveel. 19 En van die persoon wat nie luister na my woorde wat hy in my Naam sê nie, sal Ek self rekenskap eis. Deut. 18:18-19 BDV

Die Here sê vir Moses dat Hy vorentoe nog ‘n profeet sal stuur, een “soos hy”. Dis natuurlik ‘n geweldige uitspraak dat iemand “soos Moses” sou kom, want Moses was die stigter van die hele Joodse geloof! Moses het met God gepraat, hy’t die volk uit slawerny verlos en hulle hele godsdiens ingestel: wette, feeste, Sabbatte – alles! Kan daar ooit weer ‘n Moses wees? Ja, daar kon en daar was! Inteendeel, Jesus Christus, na wie hierdie voorspelling verwys, was groter as Moses.

Die Nuwe Testament beskryf dit so: Moses het die wet gebring wat God se wil uiteensit, maar daarmee saam ook die veroordeling, omdat ons nie die wet hou nie. Christus, as God self, bring egter versoening buite die wet om, deur sy kruis. Hy bring verlossing van sonde aan die hele wêreld! Hy bring die Heilige Gees, wat ons in God se wil inlei. Hy bring ‘n nuwe wet van liefde. Ja, ‘n veel groter profeet as Moses het opgestaan! “Luister na Hóm”, sê God aan Moses!

Hemelse Here, dankie dat U die grootste Profeet ooit was. Nie net ‘n profeet nie, maar Verlosser, Gesalfde, Seun van God – God self! Help my om U te dien. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –