Forum 2.0

4099 Alles is onder beheer

16 Jou huis en jou koningskap sal vir altyd bestendig wees voor My, jou troon sal vir altyd in stand bly. 2 Sam. 7:16 BDV

‘n Sterk Ou Testamentiese verwagting was dat die messias ‘n Ben David, ‘n “seun van Dawid”, sou wees. Onthou, Dawid wou vir die Here ‘n “huis” bou, ‘n tempel, maar God het hom nie toegelaat nie. Die Here sê egter vir Dawid dat Hy vir hóm ‘n “huis” sal bou, naamlik ‘n koningshuis, ‘n dinastie. Hy beloof, in hierdie hoofstuk, dat Dawid se nageslag vir altyd sal regeer. Watter voorreg! Toe die Dawidiese koningslyn ná die ballingskap tot niet gaan, is vooruitgekyk na ‘n messias wat dit sal herstel en tot in ewigheid regeer – ja, ‘n “seun van Dawid”. Jesus Christus is natuurlik daardie “Seun van Dawid”. Die heel eerste vers van die Nuwe Testament stel dit eksplisiet. Hý is die koning van Israel wat regeer tot in ewigheid.

Let op: God se beloftes kom in vervulling, sy plan is in werking! Ek en jy – as kinders van God – is volkome ingesluit by ‘n groot, groot plan. Ontspan maar. Glimlag in geloof! Alles is onder beheer.

Dankie vir u plan, Here! Dankie dat alles onder beheer is. Dankie dat my lewe ook by U doelwit sal uitkom. Dít is u belofte! Dit gee my groot gemoedsrus. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –