Forum 2.0

4101 Groot Konsultant

5 Want 'n kind is vir ons gebore, 'n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors. Jes. 9:5 BDV

As Jesaja vooruit kyk na die messias, noem hy Hom ‘n paar name, waarvan die eerste is: “Wonderbare Raadsman” (Pele’ Yo’ets). Die eerste woord hier dui op iets wonderlik en misterieus en word net vir God gebruik, terwyl die tweede dui op ‘n raadgewer of beplanner. Jesus Christus is daardie Messias, daardie Raadgewer!

Watter raad gee Christus, die Groot Konsultant? Wel, Hy adviseer jou om God lief te hê met alles wat jy het: “jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou krag”. Onthou, nie net “dien” of “gehoorsaam” nie, maar “liefhê”. Dan adviseer Hy jou om jou medemens lief te hê “soos jouself”. Weereens: nie net regverdig of respekvol behandel nie, maar liefhê. Ja, die Wonderbare Raadgewer beveel jou aan om hartstogtelik en onvoorwaardelik lief te hê! Dít, wat Hy die “groot gebod” noem, is die sleutel en doel van jou lewe. As jy gewonder het wat jy moet doen, is dít die raad wat Hy vandag vir jou het!

Dankie Here, vir u wonderlike raad. Help my, deur die Heilige Gees, om te onderskei wat liefde in my spesifieke situasie beteken. Watter optrede sal werklike, goddelike liefde demonstreer? Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –