Forum 2.0

4102 Helde-God

5 Want 'n kind is vir ons gebore, 'n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors. Jes. 9:5 BDV

As Jesaja vorentoe kyk na die koms van die messias, noem hy Hom ‘n paar name, waarvan die tweede is: “Sterke God” (El Gibbor). Die woord gibbor (sterk, magtig) word in die Bybel veral in militêre kontekste gebruik. Dit gaan dikwels oor soldate, kampioene of jagters. Dit word gebruik vir mense wat “groot dade” verrig, heldedade. El Gibbor dui op ‘n Kampioen-God, ‘n Helde-God! Trouens, Luther vertaal die term hier bloot as “Held”. Jesaja se voorspelling beteken dus dat die Kind wat gebore gaan word van geboorte af gemerk sal wees as ‘n held, bestem vir groot dinge, groot dade. Ja, groot dade het Hy gedoen!

Ons moet vandag die volgende onderstreep: wees ‘n held vir die Here! Ons is dikwels te huiwerig, te beskroomd, te diplomaties. Sê maar vriendelik en reguit dat jy ‘n gelowige is. Almal kan maar weet. Stap ook in baie groter geloof uit. Waag meer, vra meer, doen meer – vertrou die Here vir meer! Die Here is met jou , dapper held – beoefen geloof!

Gee my u krag, Sterke God! Ek wil sterk leef, met oortuiging en doelgerigtheid; ek wil myself vriendelik maar ferm handhaaf tussen ander; ek wil vir U opstaan sonder skroom of huiwering. Gee my u krag! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –