Forum 2.0

4103 Vader-vir-ewig

5 Want 'n kind is vir ons gebore, 'n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors. Jes. 9:5 BDV

Die derde naam waarmee Jesaja die komende messias beskryf, is: “Ewige Vader” (Abi-ad). Ja, die “kind” wat gebore gaan word sal van geboorte af reeds ‘n “vader” wees – nie net vader nie, maar “Vader-vir-ewig”! Daarmee verstaan ons dat Jesus God was, maar dit beskryf ook die karakter van die Messias. In die Semitiese wêreld het die vader die familie bymekaar gehou. Dit was sý familie, wat sý naam gedra – en voortgedra – het. Hy het hulle met groot toewyding versorg, beskerm en gelei, en hulle het hom respekteer en gevolg.

Kom ons pas dit toe soos volg: gelowiges leef in God se familie, in Vader se huis. Ja, julle sal skouers skuur in die kerk, maar dis wat tussen broers en susters gebeur. Dis familie! Julle moet vir mekaar sorg, want dis wat familie doen. Julle woon die byeenkomste by, want families kom bymekaar. Ons benodig ‘n “ons”-mentaliteit, nie ‘n “ek”-mentaliteit nie, want ons is familie. Dis wat Vader wil hê!

Hemelse Vader, dankie dat U deur Jesus Christus na ons gekom het. Help ons, u kinders, om liefdevol en getrou in ú huis saam te woon, om ú identiteit ons eie te maak en ú waardes uit te leef. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –