Forum 2.0

4104 Hy deel vrede uit

5 Want 'n kind is vir ons gebore, 'n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors. Jes. 9:5 BDV

Die laaste naam vir die Messias wat Jesaja in hierdie vers lys, is “Vredevors” (Sar Shalom). Om te verstaan wat dit beteken, moet ons verstaan wat shalom beteken. Ons vertaal dit gewoonlik met “vrede”, maar dis baie meer as rustigheid in die gemoed of harmonie tussen verskillende partye. Dis meer as net gered-wees. Shalom is God se omvattende seën, die deurwerk van sy heil op elke vlak. Dis om met God reg te wees, sy guns te geniet, sy voorsiening te ervaar. As Jode mekaar groet met shalom, beteken dit “Mag jy vrede hê, want God seën jou en voorsien vandag vir jou ten volle”.

Christus is God se leier in beheer van dáárdie shalom, die uitdeler dáárvan. Hy het self gesê: Vrede laat Ek julle na - my vrede gee Ek julle. Ek gee dit nie vir julle soos die wêreld dit gee nie. Laat julle harte nie ontsteld en bang wees nie. Benodig jy vrede, rus, seën? Bekommerd oor baie dinge? Gaan na die Sar Shalom – Hy gee vrede uit!

Here Jesus, dankie dat U vrede gee. Ek gaan my bekommernisse by u voete neerlê, diep asemhaal en u wonderlike rus betree. U neem oor! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –