Forum 2.0

4105 Elke droom en elke belofte

1 'n Takkie sal spruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra. 2 Die gees van die HERE sal op Hom rus... Jes. 11:1 BDV

Die Ou Testament verwys op verskeie plekke na die komende Tsemach Jahweh, die “Spruit van die HERE”. Ons moet onthou dat die Dawidiese koningskap afgekap was vir eeue. Na die ballingskap (omtrent 500 v.C.) was daar nooit weer ‘n koning nie. Die “stomp van Isai” (Dawid se pa) het egter weer uitgespruit, volgens die belofte, ‘n takkie het begin groei! Daardie “Spruit” was Jesus Christus, die Messias-koning uit die geslag van Dawid.

Soms dink ons ‘n saak is verlore. Ons skryf soms drome af, ons skryf beloftes af, ons skryf selfs mense af! Ons gee ons hoop prys. Moet egter nie die Here uit die prentjie laat nie – by Hom is alles moontlik! Ou beloftes kan vervul word, drome kan weer opleef, selfs mense kan verander! Onthou, die Here weet van elke droom en elke belofte – en Hy skryf mense nooit af nie! Moet dus nie moedeloos word nie, moenie hoop opgee nie. “Is die Here in die saak” – dís die vraag? Gaan bid maar weer!

Vader, dankie dat U van elke droom weet. Dankie vir u beloftes. Ek weet dat nie alles wat ‘n mens droom kan uitwerk nie. Ek weet dat beloftes verkeerd verstaan kan word. Ek weet egter ook dat U ‘n goeie God is met goeie planne vir my. Ek weet dat U almagtig is. Steek die vuur van ‘n visie weer in my hart aan, Here! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –