Forum 2.0

4106 Reg en geregtigheid

5 Kyk, daar kom dae, is die uitspraak van die HERE, wanneer Ek vir Dawid 'n regverdige spruit sal laat opkom. Hy sal as koning regeer en verstandig optree; Hy sal in die land reg en geregtigheid handhaaf. Jer. 23:5 BDV

Soos Jesaja voorspel Jeremia ook die koms van ‘n “Spruit” – in hierdie geval ‘n Tsemach David, die “Spruit van Dawid”. ‘n Dawidiese koning sal na vore kom en sy kenmerk sal reg en geregtigheid wees: Hy sal die reg handhaaf en regverdig regeer. Sy Naam sal wees Jahweh Tsidkenu, “die HERE ons geregtigheid”. Hierdie “regverdige spruit” was Jesus Christus, die Koning, die Regter en die Verlosser, die enigste Messias wat werklik Jahweh Tsidkenu genoem kan word.

Evangeliese Christene onderskat dikwels hoe belangrik die reg vir God is. Ons sien geregtigheid dikwels net as ‘n saak tussen God en ons. God eis egter ook praktiese regverdigheid teenoor die weerloses, die weduwees en wese, die vreemdelinge, die armes. Dis integraal tot ons geloof, tot ons geestelike lewe! Miga sê God eis net drie dinge van ons: die reg, die liefde en ‘n wandel met Hom. Moenie daaraan twyfel nie: God vra reg en geregtigheid. God staan aan die kant van wat reg is. Veg vir wat reg is!

Regverdige Here, U is die bron en oorsaak en maatstaf van alle geregtigheid. Help my om reg op te tree, om in elke opsig regverdig te wees en om vir geregtigheid te veg. Help my ook om met U reg te wees – ‘n “regverdige” – sodat die wêreld U in my kan sien. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –