Forum 2.0

4107 Die intense teenwoordigheid

12 Sê dan vir hom: 'So sê die HERE, Heerser oor alle magte, "Hier is 'n man wat Loot genoem word. Daar waar Hy is, sal hy uitspruit en die tempel van die HERE bou."' Sag. 6:12 BDV

Na die ballingskap moedig Sagaria vir Josua, die priester, en vir Serubbabel, die goewerneur, aan om die tempel te herbou. Hy belowe ook dat daar spoedig ‘n “Loot” sal opkom, ‘n “Spruit” – ‘n Messias. Hy sal God se priester-koning wees en die werklike tempel van die Here bou. Dis inderdaad ‘n Joodse verwagting tot vandag dat die messias die tempel sal heropbou, die offers sal instel en die wet aan die wêreld sal leer.

Jesus Christus WAS daardie Messias en HET daardie tempel gebou (en die ander dinge gedoen wat die Messias moes doen). God woon egter nie in ‘n huis wat met hande gemaak is nie. Die nuwe tempel wat Jesus opgerig het is volgens die Skrif sy Kerk, sy gelowiges – ons! Neem dit tog ernstig op dat jy God se tempel is. Onthou, ‘n tempel is ‘n heilige plek. Dit bevat die intense teenwoordigheid van God. In ‘n tempel word neergeval en aanbid. In ‘n tempel word geoffer. Dís die kenmerke wat jou lewe moet hê!

Heilige Here, dankie dat U in my woon deur u Gees. Maak my lewe skoon, reinig dit uit, wy my vir u diens! Help my om U gereeld te ontmoet – en U te aanbid – in die heiligdom van my hart. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –