Forum 2.0

4108 Sag, maar sterk

1 Kyk, hier is my dienskneg wat Ek ondersteun, my uitverkorene in wie my binneste vreugde vind. Ek het my Gees op Hom laat kom; Hy sal reg vir die nasies laat deurbreek. 3 'n Geknakte riet sal Hy nie breek nie, 'n dowwe lamppit sal Hy nie uitdoof nie; in getrouheid sal Hy reg laat deurbreek. Jes. 42:1,3 BDV

Jesaja stel ons voor aan die enigmatiese figuur van die Ebed Jahweh, die “Kneg van die HERE”. Soms dui die term op Israel, maar elders kan dit net die komende Messias wees. So het die Jode dit ook verstaan. Die Ebed Jahweh is nie ‘n glorieryke oorwinnaar of koning nie, maar ‘n lydende kneg. Hy’s ‘n sagte en nederige figuur, wat nie skreeu in die strate nie, wat die geknakte riet nie afbreek en die dowwe lamppit nie uitdoof nie. Hy word geslaan en verwerp, maar bewerk daardeur die genesing en verlossing van die volk. Hierdie lydende Messias is ‘n presiese beskrywing van Jesus Christus!

Let op hoe hierdie Kneg, op wie die Heilige Gees is, die Vader behaag. Sy nederigheid, diensbaarheid en opoffering verskaf God vreugde. ‘n Sagte hart en selflose lewe is altyd God se bedoeling! Hy wil juis klipharte uithaal en met sagte harte vervang. Laat die Gees dit ook vir jou doen! “Sag, maar sterk” is God se doel vir jou – nooit hardheid nie.

Vader, ek bid dat die gesindheid van my hart U ook bly sal maak. Neem alle hardheid weg, alle bitterheid en geskel. Gee my, deur u Gees, sagmoedigheid, vriendelikheid, genade. Ek wil ander ophelp en opbou, nooit afbreek deur ‘n harde hart nie. In Jesus’ Naam, amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –