Forum 2.0

4109 Veragte Kneg

Hy het nie 'n gestalte gehad, geen glans, dat ons na Hom sou kyk nie, nie 'n goeie voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. 3 Hy is verag, deur mense verlaat, 'n mens van smarte, bekend met siekte, soos iemand vir wie 'n mens jou gesig verberg. Jes. 53:2b-3a BDV

Die “Kneg van die Here” (Ebed Jahweh) in Jesaja is die komende messias. Jode verwerp hierdie toepassing deesdae, maar in Bybelse tye het hulle dit wel so geglo. Vandag verwag Jode dus nie meer ‘n lydende messias nie, net ‘n oorwinnende messias: ‘n koning, ‘n groot leier, ‘n internasionale staatsman. Jesus van Nasaret pas nie in daardie prentjie in nie! Ook in Sy tyd het baie na Jesus gekyk en gesê: “Dít is geen messias nie!” Hy’s inderdaad verag en verwerp.

Ons verkies self ook die helde, nie waar nie – die “sterre” van hierdie lewe, die groot leiers. Jesus sê egter dat die wêreld verkeerd-om is, nie Hy nie! Hy sê die groot leiers is dié wat kan dien, wat kan voete was. Die geseëndes is die wat verdruk word, wat treur, wat behoeftig is. God is by hulle! Die helde is die wat vergewe, wat die ander wang draai, wat seën in pleks van vloek. Kom ons help Hom, die veragte Kneg, om die wêreld reg te draai!

Kneg van die Here, maak my ‘n dienskneg soos U, ‘n dienskneg vir almal. Help my om my ekkigheid te oorkom, my arrogansie. Gee dat ek wegkyk van wêreldse glans en wêreldse glorie. Gee my eerder empatie en deernis, genade vir ander. Gee my liefde vir behoeftiges en verworpenes. Maak my soos U was! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –