Forum 2.0

4110 Die skottel en die doek

11 Na die swaarkry wat Hy beleef het, sal Hy sien; Hy sal versadig wees aan sy kennis. "My dienskneg sal Hom as 'n regverdige betoon aan baie en hulle sondeskuld – Hy sal dit op Hom laai.” Jes. 53:11 BDV

Die Nuwe Testament sien die Ebed Jahwe, die “Kneg van die Here” in Jesaja, as Jesus Christus. Jesus bevestig dit as Hy sê dat Hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien. Hý is daardie Dienaar! Weet jy wat? Die hoogtepunt van die geestelike lewe lê nie in dinge soos prediking, profesie, gebed of gawes nie. Dit lê in praktiese diens. Sien dit so: ons doelwit is liefde, maar liefde hang nie net in die lug nie. Liefde moet dade word, prakties word. Liefde word uiteindelik diens.

Leer dus maar om te dien! Dis moeilik, want die vlees – ons ekkigheid – wil nie dien nie. Dit wil gedien word! As die vlees wel dien, voel dit selfvoldaan en wag op dank en erkenning. Werklike, goddelike diens gaan egter nie oor myself nie. Dit gaan oor liefde vir God en vir ander. Dit verwag geen erkenning nie. Dit gebeur dikwels in die geheim. Ja, word maar “almal se dienaar”, soos die Woord sê. Hoe groot, hoe geestelik!

Hemelse Here, dankie dat U bereid was om mense te dien. Help my ook om die skottel en die doek op te neem – soos U – en te doen wat nodig is. Help my om my ekkigheid en trots te oorkom. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –