Forum 2.0

4111 Almal moet weet

6 Ek, die HERE, het jou geroep met die oog op geregtigheid; Ek sal jou hand vasgryp, jou bewaar en jou bestem tot 'n verbond vir die volk, tot 'n lig vir die nasies – 7 om blinde oë oop te maak, om gevangenes uit die kerker te lei, om hulle wat in donkerte sit, uit die tronk te lei. Jes. 42:6-7 BDV

Jahweh, Israel se Verbondsgod, praat hier met die “Kneg van die Here”, ‘n duidelike heenwysing na die Messias. Die “Kneg” word geroep om God se geregtigheid te bewerk, om as nuwe verbond met die volk te dien en om ‘n “lig vir die nasies” te wees. Al hierdie dinge het Jesus Christus gedoen! Ook die Nuwe Testament bevestig dat Hý die “Lig vir die Nasies” is.

Onthou dat God nie net ‘n Verlosser aan Israel gegee het nie, maar aan die hele wêreld. Die Ou Verbond was met een volk, maar die Nuwe Verbond sluit alle nasies, volke en tale in. Christus is God se lig wat oor die héle aarde skyn! In die verband het ons ‘n belangrike rol. Jesus se laaste opdrag was dat sy dissipels sy lig verder moet gaan skyn, “tot in die uithoeke van die wêreld”.  Elke Christen moet op een of ander manier by hierdie “Groot Opdrag” betrokke wees. Ondersteun asseblief die kerk se sending tot die wêreld. Almal moet van Jesus weet!

Jesus Christus, help my om u lig helder te laat skyn in die wêreld. Wys my waar ek betrokke kan wees by die kerk se uitreik: van hier by ons tot daar in die uithoeke van die wêreld! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –