Forum 2.0

4114 Belangrik en onbelangrik

1 Maar jy, Betlehem-Efrata, al is jy gering in die streke van Juda, uit jou sal daar vir My iemand kom om 'n heerser te wees in Israel. Sy oorsprong is uit die verre verlede, uit die dae van weleer. Miga 5:1 BDV

As Miga die koms van die Messias voorspel, beklemtoon hy die kontras tussen die klein Betlehem en die groot “Heerser” wat daaruit sal kom. Dit móés egter so wees, want die nuwe Dawid moes, soos die eerste Dawid, uit Betlehem afkomstig wees. Jesus Christus word dan ook gebore in Betlehem, op daardie eerste Kersfees.

Die hele verhaal van Jesus het hierdie karakter gehad. Maria was ‘n onbelangrike Joodse meisie, uit ‘n arm gesin en daarby nog swanger-buite-die-eg. Sy skenk die lewe aan ‘n Seun in Betlehem, maar buite die dorp, in die oop “herberg” (of karavanserai) waar reisigers en hulle diere oornag het. ‘n Meer nederige geboorteplek vir die Messias is skaars denkbaar. Uiteindelik word Jesus as Messias verwerp en doodgemaak. Hoe verstaan mens dit? Luister, dít is presies soos God werk! Nie met trompetgeskal nie en nie in die paleise nie. Nee, stilweg, onderlangs, met onbelangrike mense. Dikwels moet jy mooi kyk om Hom te vind! As jy Hom egter gevind het, sal Hy jou hele lewe verander.

Hemelse Vader, dankie dat U in my, ‘n totaal onbelangrike mens, tuis gekom het. Help my, deur u Heilige Gees, om dieper te kyk, méér te sien en U op onwaarskynlike plekke te vind! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –