Forum 2.0

4117 ‘n Post-Christelike era

13 Ek het in die nagtelike visioene gesien: "Kyk, met die wolke van die hemel was Iemand aan die kom wat soos 'n Mensekind was; tot by die Oue van Dae het Hy gekom, voor Hom is Hy gebring.” Dan. 7:13 BDV

Die Here gee vir Daniël ‘n blik op die toekoms in ‘n reeks visioene. Een na die ander wêreldryk kom op die aarde, die een slegter as die ander. God se kinders beleef toenemende verdrukking. In die hemel is alles egter onder beheer. Insiggewend verskyn daar langs God ‘n “Mensekind”, letterlik “Een soos die Seun van ‘n Mens”. Die koningskap en heerskappy word aan Hom gegee, tot in ewigheid. Dis ‘n duidelike verwysing na Jesus Christus, wat Homself graag “die Seun van die Mens” genoem het. Hy is Koning vir ewig!

Ons leef vandag in ‘n post-Christelike era. Daar is min ruimte om oor die Bybel te verskil, want veral een opinie is geldig. Jy kan selfs jou werk verloor as jy Bybelverse kwoteer wat van die aanvaarde narratief verskil, al is daar “vryheid van geloof”. Wetgewing sal die populêre mening toenemend afdwing, wat sommige Christene buite die wet sal stel. Hoe ironies vir ‘n “Christelike” land! Wandel tog wys en vertrou op God – Hy bly in beheer!

Hemelse Vader, help my om ‘n Christen te wees in ‘n onchristelike wêreld. Help my om liefde te bewys ten spyte van druk. Help my om te verdra. Help my om u lig te laat skyn. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –