Forum 2.0

4118 Priesterlike werk

18 Melgisedek, die koning van Salem, het brood en wyn gebring. Hy was 'n priester van God, die Allerhoogste. 19 Hy het Abram geseën en gesê: "Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, Skepper van die hemel en die aarde... Gen. 14:18-19 BDV

Die figuur van Melchi-tsedek in hierdie hoofstuk word in die Nuwe Testament gesien as ‘n simbool of tipe van Jesus Christus. Soos Melgisedek is Christus ‘n priester van ‘n hoër orde as die Joodse, Levitiese priesters, wat eers later gekom het. Christus is die hoëpriester wie se een, volkome en finale offer alle ander offers oortref en beëindig het. Die Levitiese priesters het jaarliks voor God verskyn met die bloed van hulle offers, maar Christus staan altyd voor God, met sy eie offer, en tree vir ons in.

Klink al hierdie dinge bietjie ingewikkeld, bietjie teologies? Kom ons stel dit eenvoudig: Christus het alle skuld wat jy teenoor God kon hê – verlede, hede en toekoms – reeds afgelos. Jy is nie langer skuldig nie. Leef dus vry! Christus bid vandag vir jou by die Vader en sy gebed word altyd verhoor! Skep dus moed as daar allerhande dinge in jou lewe gebeur. Die Here weet van dit alles. Die Here bly intens betrokke. Alles sal uitwerk!

Dankie Jesus, vir die priesterlike werk wat U doen. Dankie vir die offer van die kruis en dankie dat U vir my intree by Vader. U werk beteken my vryheid, my oorwinning! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –