Forum 2.0

4119 God se Gunsgenoot

10 Want U sal my lewe nie aan die doderyk oorlewer nie; U sal nie toelaat dat u getroue volgeling die graf sien nie. Psalm 16:10 BDV

Op Pinksterdag, toe Petrus die Jode toespreek, verwys hy hulle na hierdie psalm. Hy sê Dawid het nie hier van homself gepraat nie, want hy het wel gesterf en sy graf was daar by hulle in Jerusalem. Dawid het vooruit van Christus gepraat, wat die dood oorwin het. Sý graf is leeg! Christus is die chasid waarvan Dawid praat, met ander woorde – die heilige of vroom persoon, die Getroue Dienaar, elders vertaal as ‘n “Gunsgenoot”. Petrus sê hulle moet hul bekeer en in die opgestane Christus glo.

Die mooi is natuurlik dat ons, as Christus se volgelinge, uiteindelik ook nie aan die doderyk of graf oorgelewer sal word nie. Ons sal wel sterf, soos Christus, maar sal dan, soos Hy, opstaan tot die ewige lewe. Wat ‘n wonderlike wete, wat net gelowiges het! Ja, die dood het sy bedreiging – sy “angel” – vir ons verloor. Inteendeel, ons sien uit na ‘n weersiens met ons geliefdes en ‘n ewigheid met Hom. Leef dus maar vreesloos – die lewe is Christus, die sterwe is wins!

Hemelse Vader, dankie dat U magtig is om my uit die dood te laat opstaan, soos U eens u Gunsgenoot laat opstaan het. Ek sal my geliefdes weer sien en in u lig lewe, vir ewig. Halleluja! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –