Forum 2.0

4121 Rus op Hom

16 Daarom, so sê my Heer, die HERE: "Kyk, Ek lê 'n fondamentklip in Sion, 'n uitgesoekte klip – 'n kosbare hoeksteen as fondament gelê. Die een wat vertrou, hoef nie haastig weg te gaan nie." Jes. 28:16 BDV 

Hier is nog ‘n beeld van Christus in die Ou Testament. Jesaja sê dat God ‘n nuwe werk in Jerusalem sal begin. Hy sal óór begin: ‘n nuwe stad bou, op ‘n nuwe fondasie. Die Nuwe Testament maak hierdie beeld van toepassing op Jesus Christus. Hý is die hoeksteen wat God nuut lê! Op Hóm rus God se hele kerk, die hele Nuwe Jerusalem. In Hóm woon gelowiges veilig vir ewig. 

Paulus verduidelik dit so: as ons Christus aanneem, is ons “in Christus”. “In Hom” het ons dan ook aan die kruis gesterf en “in Hom” sal ons ook uit die dood opstaan. “In Hom” het die Vader ons ook lief en “in Hom” sal ons eendag alles erf, soos Hy. Verstaan jy nou waarom Hy sê: “Bly in My, soos Ek in julle”? As jy in Hom bly is alles wat Hý het, joune! Rus nou in Hom: sý vrede, sý vreugde, sý vertroue, sý liefde, sý krag is vandag joune. Laat dit net deurvloei! 

Magtige God, dankie dat ek my lewe kan bou op die hoeksteen van Jesus Christus. Dankie dat ek in Hom is en Hy in my! Dankie dat sy krag my vandag tot alles in staat stel! Amen. 

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier. 

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options. 

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier 

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com 

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –