Forum 2.0

Ons het nou verskeie beelde of name behandel vanuit die Ou Testamentiese Messiasverwagting. Op verskillende maniere is daar vooruitgekyk en verlang na die koms van ‘n Koning, ‘n Redder. Jesus Christus vervul elkeen van daardie verwagtings ten volle! Die volgende sewe is veral waardevol om te onthou:

  1. Silo – Juda sal regeer “tot Silo kom”, Hy aan wie die volke hulle sal onderwerp
  2. Seun van Dawiddie Huis van Dawid sal weer regeer, soos belowe, as die Messias kom
  3. Immanuel – ‘n Kind sal gebore word, met die naam Immanuel, en God sal met ons wees
  4. Vredevors – as daardie Kind gebore word, as Sar Shalom, sal God se vrede op aarde heers
  5. Die Spruitdie stomp van Isai sal uitspuit, soos belowe, as God sy nuwe werk plant
  6. Die Kneg – die Kneg van die Here, Ebed Jahweh, sal eers kom om te dien – ja, om te sterf
  7. Hoeksteen – as Messias kom, begin God sy nuwe werk, waarvan Hý die hoeksteen is

Druk gerus hierdie beelde en name uit en plak dit iewers op. Een manier om hulle te onthou, is om deur hulle te bid. Hou jou gebed by die betekenis daarvan – dit sal dit vaslê.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –