Forum 2.0

4123 Jy moet Hom Jesus noem

31 Kyk, jy sal swanger word en aan 'n seun geboorte skenk. Jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal magtig wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal aan Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. Luk. 1:31-32 BDV

Die Ou Testament eindig met die verwagting van ‘n Redder, ‘n Dawidiese koning. Toe het eeue van onderdrukking gevolg. Antiochus het byvoorbeeld die hele Joodse geloof verbied. Die besnydenis, Sabbat, feeste – om net ‘n Torah-rol te besit – was met die dood strafbaar. Hy offer varke aan Zeus in God se tempel. Hy maai tienduisende Jode af. Later het die Romeine gekom: nuwe soldate in die strate, nuwe beperkings. Die geroep om ‘n Verlosser het net dringender geword.

Die Nuwe Testament begin dan met die geboorte van ‘n Kind. Maria hoor, in al die woorde van die Bybelse Messiasverwagting, dat die tyd daar is: die Verlosser kom! Sy Naam moet “Jesus” wees (in die Grieks), wat beteken “Jahweh verlos”. Hoe simbolies en waar! Luister: Jesus het die hele Ou Testamentiese Messiasverwagting vervul, maar veel, veel meer. Hy word nie net die Joodse Verlosser nie, maar die hele wêreld s’n. Hy bied Jahweh se verlossing aan elke mens op aarde. Hy lei die nuwe, Messiaanse, era in. Jy leef reeds daarin!

Ek loof U, Beloofde Redder, dat U ook my Verlosser is. Ek prys U dat ek in die nuwe tyd leef, die tyd van welbehae, van vrede-met-God, van genade en vergiffenis, van die Heilige Gees. Ek dank U dat ek reeds in al hierdie dinge deel! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –