Forum 2.0

4124 Begaan oor jou verlossing

Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om Maria as jou vrou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees. 21 Sy sal geboorte gee aan 'n seun, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes verlos. Mat. 1:20b-21 BDV

Josef hoor dit ook: Maria sal geboorte skenk aan die Redder, die Messias. Hulle moet Hom “Jesus” noem – “Jahweh verlos”. Let op, Hy kom nie net om die volk van die Romeine te verlos nie, maar om hulle “van hulle sonde” te verlos. Daar is ‘n groot verskil! Jesus word dus die prediker van goeie nuus: God is hier, God werk, God vergewe, God verlos! Tipies menslik wou die volk egter nie so ‘n Verlosser hê nie. Toe hulle sien die Romeine bly, maak hulle Jesus dood.

Ons maak dikwels dieselfde fout. Ons kyk vas in ons aardse behoeftes: geld, gesondheid, werk, verhoudings. Dis inderdaad belangrik, maar nog belangriker vir God is ons verlossing. Sonde is vir Hom ‘n groot saak. Sonde maak immers dat jy, in Bybelse terme, “verlore” is. Sonde maak dat jy ver van God is. Sonde maak dat jy jou lewensdoel heeltemal mis – en ‘n ewigheid by Hom! Ja, God is baie begaan oor jou verlossing.

Hemelse Verlosser, dankie dat U my verlos het deur aan die kruis in my plek te sterf. Dankie vir daardie vrede. Laat u verlossing nou deurwerk na my hele lewe, Here, na elke aspek waar sonde nog ‘n houvas het. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –