Forum 2.0

4126 Jeshua, Jesus

25 Hy (Josef) het nie met haar gemeenskap gehad totdat sy aan 'n seun geboorte gegee het nie. En hy het Hom Jesus genoem. Mat. 1:25 BDV

In Jesus se eie taal, Aramees, is Hy Jeshua genoem. Die meer formele Hebreeus was veral gereserveer vir die Skrif en die sinagoge. Jeshua het sy ma gehelp in die huis, en later sy pa in die werkswinkel. Jeshua het die sinagogeskool bygewoon. Later, na Josef gesterf het, het Hy self vir sy gesin gesorg. Later, toe sy broers met die familiesaak kon voortgaan, stap Jeshua weg, agter die stem aan wat al jare in sy hart roep.

Wat toe gebeur het vertel die Nuwe Testament, wat in Grieks geskryf is. Soos met die Ou Testament, vergrieks dit die Hebreeuse name. Omdat “Josua” in Grieks Iesous is, en Jesus dieselfde naam het, skryf die Nuwe Testament oor Iesous. Iesous is deur Johannes gedoop, waarop God Hom magtiglik gebruik het. Noem Hom dus maar Jeshua, soos Maria, Josef en die dissipels gedoen het. Of noem Hom Iesous, die enigste naam wat die Bybel vir Hom gebruik. Noem Hom wat jy wil – solank jy Hom volg!

Here Jesus, soos U alles gelos het om God se roeping vir u lewe te volg, so wil ek alles los en U met my hele lewe volg. U is my roeping! Wees my Leidsman en my Meester. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –