Forum 2.0

4128 Iesus, Jesus

1 Paulus, 'n dienskneg van Christus Jesus, 'n geroepe apostel, afgesonder vir die evangelie van God. Rom. 1:1 BDV

Paulus het met ‘n ambisieuse plan gewerk om die evangelie van Jesus oor die hele Romeinse Ryk te versprei. Van Jerusalem beweeg hy na Antiochië, vanwaar hy reise onderneem na al hoe groter sentra: Efese, Athene, Rome. Die laaste nuus van Paulus is uit die tronk in Rome, waar hy daagliks met die keiserlike wag gesels. Sy doel was Caesar self! In elk geval, gemeentes is mettertyd oor die hele ryk gestig en toe keiser Konstantyn gelowig word, is die naam Iesus, soos dit in Latyn geskryf is, die wêreld oor gedra. Die Europese volke het Hom Jesus genoem.

Let op: die storie van Jesus se naam, Jeshua, Iesous, Iesus, Jesus, is die storie van die kerk. Dis die storie van die evangelie aan alle nasies, volke en tale. Dis ons storie, nie waar nie, die nakomelinge van heidense stamme vir wie iemand eens die Goeie Nuus kom vertel het. Dís hoekom ons vandag Christene is! Dís hoekom ons bly is oor die soetste naam, in watter taal ook al!

Dankie Here, dat U Naam ook Afrikaans geword het. Dankie dat ek U, soveel eeue later, in my eie taal, in my eie hart, kan ken as my persoonlike Here. Dankie dat elke mens op aarde daardie voorreg kan hê. Ek kies net een lewe: ‘n lewe met U! Amen. 

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –