4134 Christus: wetgewer

34 Ek gee julle 'n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35 Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde teenoor mekaar het. Joh. 13:34-35 BDV 

Dis van die Messias verwag om die Joodse Wet, die Torah, aan die wêreld te leer. Trouens, Jode glo dat die Messias ‘n buitengewone gawe sal hê om die wet oop te sluit, meer as ooit tevore. Daarom glo hulle nie dat Jesus die Messias was nie. Christene bestudeer en hou dan nie die wet nie? Waar is die Sabbatte, die besnydenis, die reinheidsgebooie?

Jesus was wel ‘n wetgewer, hoor! Hy sê Hy skaf nie die wet af nie, Hy vervul dit. Vir Hom gaan dit minder oor die uiterlike reëls en regulasies en meer oor die essensie van die wet, oor God se bedoeling. Hy onderskei byvoorbeeld tussen God se wil en die vele menslike byvoegings. Uiteindelik som Hy die wet op as liefde vir God en liefde vir mekaar. Die een wat liefhet, sê Hy, hou die wet. Liefde is die merk van ‘n dissipel. Kom ons wees eerlik: kan enige beginsel God se wil beter opsom as die liefde? Nee! Jesus verklaar die wet die BESTE.

Hemelse Vader, dankie vir u wet, want daaruit verstaan ek u wil. Help my om in u wil te bly! Dankie, veral, dat ek met U versoen is buite die wet om – ja, sonder enige verdienste, gehoorsaamheid of wetsonderhouding. Dankie vir die genade van die kruis! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –