4135 Christus: Geesgewer

16 Wat hier gebeur, is deur die profeet Joël aangekondig: 17 “'En dit sal in die laaste dae gebeur', sê God: 'Ek sal my Gees op alle mense uitstort – julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongmense sal visioene sien, en julle ou mense sal drome droom.'” Hand. 2:16-17 BDV

Joël en die ander profete het voorsien dat God in die Messiaanse Tyd sy Gees sou uitstort. Sy Gees sou God se teenwoordigheid op aarde vestig. Sy Gees sou harte sag maak en máák dat ons God se wet gehoorsaam. Vir Jode beteken dit dat die mensdom in die dae van die mashiach besonder vroom sal wees, toegewyd, geestelik.

Jesus het presies dit gedoen! Hy’t sy Gees gestuur! Sedert Pinksterdag is die Heilige Gees beskikbaar vir elke kind van God. Waar die Gees in die Ou Testament slegs op sommige geval het, byvoorbeeld op profete, kom Hy nou “op alle mense” – watter voorreg! Ou mense, jong mense, diensknegte – ook ek en jy – kan die Gees se krag beleef, God se wil ken en groot dinge in Jesus’ Naam doen. Petrus sê die Gees is bedoel vir ons en ons kinders. Paulus sê ‘n lewe deur die Gees is eintlik ons normale lewe. Word Geesvervuld! Dit werk so: vra Hom in geleef, ontvang Hom in geloof, leef Hom in geloof!

Hemelse Vader, dankie vir die inwoning van u Heilige Gees. Dankie dat U deur Hom in my werk en my verander na die beeld van u Seun, Jesus Christus. Heilige Gees, vervul my met Uself! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –