4136 Christus: verbondmaker

6 Maar nou het Jesus 'n meer verhewe bediening verkry, in dié sin dat Hy ook Middelaar is van 'n uitnemender verbond wat op grond van uitnemender beloftes regsgeldigheid verkry het. 7 Want as die eerste een foutloos was, sou daar nie behoefte gewees het aan 'n tweede een nie. Heb. 8:6-7 BDV 

Die Ou Testament het voorspel dat God vorentoe ‘n nuwe verbond met sy volk sou sluit. In daardie tyd sou Hy sy wette op die harte van sy volk skryf en maak dat almal Hom ken. Dit sou gebeur deur die werking van die Gees. Toe die Messias dus kom, naamlik Jesus Christus, het Hy die Nuwe Verbond ingelui. Die Ou Verbond is volkome in Hom vervul: Sabbatte, wette, offers en feeste – alles skadu’s en tipes wat na Christus gewys het – is in Hom afgehandel en afgesluit. Die nuwe tyd het begin! Daaroor is die Nuwe Testament duidelik. 

Ons kan dus nie langer die dinge van die Ou Verbond leef nie. Ons leef in die tyd van die Messias; alles het verander! Moet nie dat iemand jou oor die dinge van die Ou Verbond skuldig laat voel nie. Die Ou Verbond vind sy krag in die Nuwe. Die Ou Verbond word verstaan in die lig van die Nuwe. Leef die Nuwe, leef deur die Gees. Leef in geloof! 

Hemelse Vader, dankie dat ek deel kan wees van ‘n nuwe en beter verbond. Dankie dat elke belofte en seën van die Ou Verbond in die Nuwe opgeneem is, en soveel keer meer! Help my om die Heilige Gees se leiding getrou te volg, sodat ek in u wil kan bly. Amen. 

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier. 

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options. 

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier 

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com 

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –