4137 Christus: Vredevors

13 Skielik was daar saam met die engel 'n hemelse menigte wat God loof: 14 "Eer aan God in die hoogste, en vrede op aarde vir die mense in wie God 'n welbehae het!" Luk. 2:13-14 BDV

Die Joodse messiasverwagting het ‘n Messiaanse Tyd ingesluit. As die Messias regeer, sal vrede en voorspoed op die aarde heers. Die wolf sal by die lam lê. Omdat Jesus nie hierdie dinge laat gebeur het nie, sê die Jode dus dat Hy nie die Messias was nie. Ook baie Christene vra na die beloofde “vrederyk”. Wanneer kom dit?

Let op: die Messias, die “Vredevors”, is gebore, en die Messiaanse Tyd – ja, die “vrederyk” – het reeds begin. Onthou, Christus se vrede oortref reeds alle aardse vrede, want dis ewig en goddelik. Nogtans sal sy vrede ook “op aarde” kom, volgens die beloftes (en die engele se lied), en dit sal gebeur by sy wederkoms. Sien dit so: sy ryk het begin, maar het nog nie geëindig nie. Alles het nog nie gebeur nie. Die Messiaanse Tyd loop oor in die ewigheid; dán sal hierdie dinge gebeur! Lees die voorspellings en jy sal sien dit gebeur in die tyd van die nuwe hemel en aarde. Wees verseker: elke belofte word vervul!

Hemelse Vader, dankie dat U ‘n waarmaker van u Woord is: elke belofte sal vervul word! Ek sien uit na ‘n toekoms gevul met vrede en liefde en die teenwoordigheid van my Here, Jesus Christus. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –