4138 Christus: opgestane Heer

4 ...wat na die Heilige Gees deur sy opstanding uit die dood kragtig aangedui is as die Seun van God – Jesus Christus, ons Here... Rom. 1:4 BDV

Die Jode verwag steeds dat (sommige) dooies in die Messiaanse Tyd sal herleef. Jesaja, Esegiël en Daniël verwys daarna. Daar sal ‘n opstanding plaasvind. Hier vind ons egter die grootste bewys dat Jesus die Messias was. Hy het immers verskeie mense uit die dood gewek. Toe Hy sterf, het die grafte oopgegaan: ontslapenes het in Jerusalem verskyn. Na drie dae het Hy self opgestaan uit die dode! Let op: al is alle ander Ou Testamentiese verwagtings vaag of onseker (alhoewel dit nie is nie), bewys Jesus se opstanding finaal en verseker dat Hy die Christus was!

Hoe weet ons Hy’t opgestaan? Want die ooggetuies het nog geleef toe dit neergeskryf en verkondig is. Niemand het dit ontken nie. Want die Romeine of die Jode kon nooit die teendeel bewys nie. Hulle sou baie graag wou! Want die apostels het hulle lewe daarvoor gegee, selfs onder marteling. Wie sterf vir iets wat jy weet ‘n leuen is? Nee, die opstanding was vir hulle ‘n feit. Jesus WAS die Christus, die Seun van God.

Hemelse Vader, dankie vir die opstanding van Jesus. Dit bewys dat wat ons glo waar is. Dankie dat Hy daarmee die doderyk ook vir ons oopgesluit het. Ook ek sal uit die dood opstaan! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –