4139 Christus: beloofde Gesalfde

36 Laat die hele huis van Israel dan vir seker weet dat God Hom Here en Christus gemaak het - hierdie Jesus wat julle gekruisig het. Hand. 2:36 BDV

Jode glo glad nie dat Jesus die Messias was nie, terwyl dit vir Christene weer die hoeksteen van hulle geloof is. Die Joodse verwagting sluit in dat die Messias ‘n verlosser sal wees, dat hy die tempel sal herstel, die wêreld van God sal leer en die verlore kinders van Israel sal terugbring. Hulle verwag bowenal ‘n jubeljaar, ‘n vrederyk, ‘n tyd van voorspoed en seën. Hulle verwag die werk van die Gees en die opstanding van die dooies.

As ons die Ou Testamentiese beloftes bestudeer, sal ons sien dat Jesus alles vervul het. Hy het! Sy vervulling is egter dikwels geestelik, eerder as fisies. Sy vervulling is altyd groter as die verwagting. Sekere dinge moet ook nog vervul word, want die ewigheid het nog nie aangebreek nie. Uit ons ondersoek kan ons egter saam met Petrus getuig, en saam met al die Joodse en nie-Joodse gelowiges sedert die begin van die kerk: Jesus IS die Christus en die Here. In Hom het God sy kragtigste werk ooit gedoen!

Dankie, Hemelse Vader, dat elke Ou Testamentiese belofte oor die Messias deur Jesus Christus vervul is. Dankie dat ek vas en seker kan weet dat Hy die beloofde Gesalfde is. Dankie dat ek my geloof op ‘n vaste fondasie bou. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –