4141 Soos jy Christus leer ken

15 Hy sê toe vir hulle: "Maar julle, wie sê julle is Ek?" 16 Simon Petrus het geantwoord: "U is die Christus, die Seun van die lewende God." Mat. 16:15-16 BDV

Jesus het nie graag vir mense vertel dat Hy die Messias is nie, veral nie aan die begin nie. Dit sou ‘n gevaarlike stelling wees om te maak! In die kring van sy dissipels maak Hy dit egter duidelik. Toe Hy hulle daaroor uitvra, antwoord Petrus: “U is die Christus” – die Messias, met ander woorde. Daarop sê Jesus: Gelukkig is jy, Simon, want ‘n mens het dit nie aan jou bekend gemaak nie, net my Vader in die hemele.

Luister: ons kan oor Jesus se Messiasskap stry en allerhande geldige argumente aanvoer, maar mense glo wat hulle wil. Niemand word ‘n Christen omdat hy ‘n argument verloor het nie! Hy word ‘n Christen omdat God, deur sy Gees, in sy hart gewerk het. Soos jy Christus leer ken – soos die dissipels – gebeur iets in jou hart. Christus oorrompel jou met sy liefde, sy waarheid, sy genade! Jy word oortuig van wie Hy is. Doen dus hierdie twee dinge, gelowige: bid vir mense en wys Jesus vir mense!

Hemelse Vader, help my om Jesus vir mense te demonstreer, Jesus vir mense te wees! Ek weet ek faal, maar ek bid tog dat sy liefde en waarheid in ander se harte sal posvat, deur my woorde en dade. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –