4142 Die belydenis van ‘n kerk

15 Hy sê toe vir hulle: "Maar julle, wie sê julle is Ek?" 16 Simon Petrus het geantwoord: "U is die Christus, die Seun van die lewende God." Mat. 16:15-16 BDV

Toe Petrus, namens al die dissipels, bely dat Jesus die Christus is, sê Jesus dat dit ‘n waarheid is wat hy reguit van die Vader ontvang het. Dan voeg Hy by: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die poorte van Hades sal dit nie oorweldig nie. Daar word dikwels gewonder wat hierdie woorde sou beteken. Bou Jesus sy kerk op Petrus, wie se naam ook “rots” beteken? Nee, dit beteken eerder dat Petrus se belydenis – dat Jesus die Christus is – die rots is waarop Hy sy kerk bou. Of dat Petrus en die ander dissipels, met daardie belydenis in hulle mond en hart, die fondasie sal wees vir die kerk, wat dieselfde sal bely.

Hoe ook al, Petrus se belydenis is waaroor dit gaan. As jy Jesus as Christus aanvaar, persoonlik en opreg, is jy ‘n Christen, deel van sy kerk. Dan verloor die Bose, die dood en die hel dadelik hulle greep op jou. Dan neem die lewe oor – halleluja!

Ek bely, Here Jesus, dat U is wie U sê U is. U is die Gesalfde van God, die Seun van God, God-met-ons. Dankie dat die bande van die dood van my afgeval het, dat u ewige lewe in my posgevat het, amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –