4143 Die poorte van Hades

15 Hy sê toe vir hulle: "Maar julle, wie sê julle is Ek?" 16 Simon Petrus het geantwoord: "U is die Christus, die Seun van die lewende God." Mat. 16:15-16 BDV

Toe Petrus, namens die dissipels, hierdie belydenis maak, sê Jesus vir hom: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou. Dan voeg Hy by: En die poorte van Hades sal dit nie oorweldig nie. Wat beteken dit?

Hades is die doderyk, die onderwêreld, die graf. Dit staan ook vir die dood, en vir die duiwel wat daaroor heers. Jesus sê dus dat die duiwel en sy magte God se werk nooit sal keer nie. Inteendeel, die duiwel sal die knie voor Christus buig, volgens die Woord. Die duiwel sal bely dat Jesus die Here is! Moenie twyfel aan die krag van Christus nie! As Hy weer kom is dit in ongelooflike heerlikheid en mag! Dan sal Hy die dood, doderyk en duiwel oorwin en uit die weg ruim. Voel jy swak? Dis in orde, want Hý is sterk. Voel jy oorweldig? Hy sal jou staande hou. Voel jy aangeval? Hy is reeds besig om die aanslag af te weer! In Hom is sy kerk onoorwinlik.

Hemelse Vader, dankie vir die oorwinning wat daar in Christus is. Dankie dat ons – sy kerk – sál seëvier! Hou my getrou tot op die dag van sy koms. In Jesus’ Naam, amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –