4155 Jesus is Heer

36 Dít is die boodskap wat Hy vir Israel gestuur het toe Hy die evangelie van vrede wat deur Jesus Christus gekom het, verkondig het: Hy is die Here van alle mense. Hand. 10:36 BDV

Jesus se volgelinge het geglo dat Hy die Messias, die Christus, was. Dit het hulle, die sogenaamde Nasareners, van die ander Joodse groepe onderskei. Hulle het Hom egter nie net as ‘n menslike messias gesien nie. Sy opstanding het vir hulle bewys dat Hy ‘n goddelike Verlosser was. Daarom het die belydenis ontwikkel dat Jesus “Here” (Kurios) was – Meester, Eienaar, Baas. Húlle Jesus, wat verwerp en gekruisig is, is verhef tot Here oor alles! Húlle Jesus regeer in heerlikheid by God, vanwaar Hy sal terugkeer. Ja, die eerste Christelike geloofsbelydenis was dit: “JESUS IS HEER.” Om Christus as Heer te dien en te volg was waaroor hulle geloof gegaan het.

Jesus is nie een van vele nie, hoor! Daar is net een Heer, in die wêreld en in jou lewe, en dit is Hy. Hy verlos nie net nie, Hy kom om oor te neem, om te regeer! Jou belydenis moet uiteindelik baie persoonlik wees, “Jesus is MY Heer”, en jou lewe moet dit prakties bevestig.

Here Jesus, wees die Heer van my lewe. Neem oor, neem beheer! Ek weet dat my vlees weerstand bied teen u heerskappy, maar help my, deur u Gees, om telkens weer vir u regering te kies. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –