4156 Baie Christene sterf

9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en aan Hom die Naam geskenk wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus elke knie sal buig – van diegene in die hemel en op die aarde en onder die aarde – 11 en elke tong sal bely, "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader. Fil. 2:9-11 BDV

Die belydenis van die vroegste Christene was: “Jesus is Heer”. Dit was ‘n oorwinningskreet, ‘n bevestiging dat Jesus regeer. Ongelukkig het hierdie uitspraak tot direkte konflik met die Romeine gelei. Die Romeine het die vele volke in hulle ryk toegelaat om hul gelowe te beoefen, solank hulle ook die keiser, wat amptelik die “Heer” (kurios) van die Ryk was, vereer het. Die Christene het egter geweier om wierook voor die keiser se beeld te brand en het boonop ook ‘n ander “Heer”, Jesus Christus, verkondig! Christene is dus swaar vervolg. Polikarpus, die biskop van Smirna, is byvoorbeeld op 86 jarige ouderdom op die brandstapel gedood. Hy was ‘n persoonlike volgeling van die apostel Johannes.

Baie Christene sterf steeds vir hulle Here! Trouens, jaarliks word meer as 4000 gelowiges vir hulle geloof doodgemaak. Baie duisende word onregmatig aangehou of andersins verdruk. In sommige Moslem-lande gaan dit veral sleg. Noord-Korea is die ergste. Ons kan ons lydende broers en susters help deur organisasies wat hulle ondersteun. Raak asseblief betrokke!

Hemelse Vader, dankie vir die vryheid van geloof wat ons steeds geniet. Ek bid vandag vir broers en susters wat vir U ly, wat geliefdes verloor het ter wille van U, wat U in die geheim moet dien. Wees met hulle, bemoedig hulle, red hulle uit! in Jesus’ Naam. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –