4157 Wat beteken heerskap?

13 Julle noem my Meester en Here, en julle sê dit tereg, want Ek is dit. Joh. 13:13 BDV

Die vroegste Christelike geloofsbelydenis was: “Jesus is Here”. “Here” (Kurios) beteken Baas of Meester. Onthou, ons kan Christus nie net as Verlosser aanneem nie, ons moet Hom ook as Heer aanneem. Ons is verlos omdat Hy ons losgekoop het uit die mag van die duiwel en die dood, vir Homself. Ja, ons is gekoop en voor betaal! Ons is Syne! Jesus word dus ons nuwe Heer en Meester. Daar is geen ander manier nie: Hy neem oor en ons gehoorsaam.

Wat beteken heerskap egter prakties? Wel, dit beteken dat ons ons lewe aan Hom blootlê vir goedkeuring en leiding: ons werk, ons verhoudings, ons gesin, ons tyd, ons geld. Hy’s Heer oor dit alles! Dit beteken dat ons oor alle groot besluite bid, dat ons die innerlike vrede kry dat ons in God se wil is. Dit beteken dat ons ons lewens in sy diens stel deur ons gawes en vermoëns. Ja, dis moeite om só te leef, maar dis soos ons leef – vir ons Meester.

Hemelse Meester, help my dat elke aspek van my lewe onder u beheer kom. Help my om U in alles te ken. Ek leef nie vir myself nie, ek leef vir U! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –