4158 Doen wat die Here sê

46 Waarom noem julle My 'Here, Here!', maar julle doen nie wat Ek sê nie? Luk. 6:46 BDV

Miljoene mense bely dat hulle Jesus volg. Miljoene noem Hom “Here”. Nie alle Christene leef egter soos Christus gesê het nie. Die grootste kritiek teen Christene vandag is juis dat daar ‘n gaping is tussen wat ons glo en wat ons doen. Jesus was self baie krities oor die skynheiligheid van die Fariseërs, wat nie doen wat hulle preek nie. As ons dus beweer dat ons Jesus-volgelinge is, móét ons dade dit bewys. Ons móét sy opdragte nakom.

Jesus se opdragte is egter baie radikaal! Hy sê dat ons ons vyande moet liefhê, dat ons altyd weer moet vergewe. Hy sê dat ons nie haat in ons hart moet hê nie, want dis moord, of begeerte in ons oë nie, want dis egbreuk. Ons moet hongeres voed, armes help, siekes besoek. Ons moet God se koninkryk bring met geloof en krag. Moenie vra of dit moontlik is nie, want dis wat die Here gesê het. Doen dit net! Doen dit in opregtheid. Doen dit in sý krag.

Hemelse Vader, help my, deur die Heilige Gees, om te doen wat Jesus Christus ons leer. Hy, die Heer en Meester, leer ons u wil. Meer van u wil in my lewe, Here, minder van my eie wil! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –