Die duiwel sê toe vir Hom: “As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood word.” Maar Jesus antwoord hom: “’n Mens leef nie net van brood nie.” Die vyand kom na Jesus en vra dat Hy aan hom moet bewys dat Hy die Seun van God is. Hy wys (tipies) dadelik op Jesus se groot behoefte van daardie oomblik, naamlik die feit dat Hy honger was. Ja, sy versoeking kom na ons swak plekke, nie waar nie? Onthou, Jesus was regtig baie honger – die honger van ‘n liggaam wat ‘n maand laas enige voeding gehad het. Jesus het ‘n ernstige fisiese behoefte, wat oor lewe of dood gaan. Die liggaam kan nie veel meer as die 40 dae wat Jesus gevas het oorleef nie. Hy moes op daardie stadium totaal uitgeteer gewees het, verswak, en moes aan die einde bloot gelê het. Geen wonder die duiwel kon sy gedagtewêreld invaar nie! Maar die oorwinning lê vir Jesus daarin dat Hy weet wat is belangriker as wat. Al klink dit nou vir jou hoe verkeerd: Die ewige dinge is belangriker as die tydelike dinge. En God kom voor goed. Probeer die beginsel van toepassing maak op jou lewe. Here, help my om ‘n ewigheidsperspektief te kry. Amen.

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –