4159 Almal het dit nodig

10 Toe sê die engel vir hulle: "Moenie bang wees nie. Kyk, ek bring vir julle 'n goeie boodskap wat vir die hele volk 'n bron van groot vreugde sal wees: 11 Vandag is daar vir julle in die Stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here.” Luk. 2:10-11 BDV

'n Bekende en belangrike naam vir Christus is “Verlosser”. Die woord soter word ook vertaal met “Redder” of (in die Ou Vertaling) “Heiland”. As Christus egter ons Verlosser is, waarvan moet ons verlos word? Christene sê dadelik “van sonde”, maar het dikwels ‘n beperkte begrip van wat dit beteken, terwyl nie-Christene weer sê dat hulle geen verlossing nodig het nie, dankie.

Sien dit so: die mens se grootste probleem en grootste sonde is hyself. Sy natuur is om self baas te wil wees in sy lewe – ja, self god! Hy wil onafhanklik wees: self besluit, self beheer neem. Hy steur hom dus nie aan God nie. Sy ekkigheid het net een fokus, naamlik homself. Sy eie behoeftes en begeertes kom eerste. Hy’s hoogmoedig en selfsugtig. Van sulke onafhanklikheid en eiesinnigheid – wat God ‘rebellie’ noem – moet ons verlos word! Verlossing is om jou eiewaan te bely en voor God te buig. Dis om gehoorsaam te word. Dis om vir Hóm te begin leef. Let wel: álmal het verlossing nodig!

Hemelse Verlosser, red my van ‘n selfgesentreerde lewe: opstandig, ongehoorsaam, liefdeloos, sinloos. Ek wy my lewe vandag weer aan U. Word my Heer en Meester en maak my gehoorsaam. Ja, red my, verander my, gebruik my, werk deur my! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –